Suid-Afrika se pluimveesektor is besig om die invoer van vloeibare en poeier-eiers te ondersoek. Dít om die tekorte van pluimveeprodukte en eiers weens die huidige voëlgriep in die land voor die feesseisoen te versag. Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, of SAPA, sê sy lede gaan ook die uitvoer van tafeleiers verminder, wat na plaaslike supermarkte en restaurante herlei sal word. SAPA het aan News24 gesê eiers wat behoorlik gaargemaak is, hou nie ‘n gevaar in om te eet nie want die gaarmaak-proses maar die virus dood. Daar was nog geen gevalle in Suid-Afrika waar iemand met die voëlgriep-virus besmet is nie. Eiers en hoendervleis wat in supermarkte en winkels verkoop word, is veilig om te eet, het die organisasie in ‘n verklaring gesê.