Plundertogte duur voort in KwaZulu-Natal

Plundertogte duur voort in KwaZulu-Natal met geen troepe in sig in die Umgeni-omgewing, noord van Durban, nie.

Luidens berigte is daar hordes mense vanoggend in Queen Nandi-weg op pad na pakhuise.

‘n Paar polisielede was in Queen Nandi-weg gestasioneer maar het kort nadat die skares hulle opwagting gemaak het, padgegee.

Talle mense is reeds met hulle pakhuisvonds op pad terug huis toe.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het intussen gesê hy het ongeveer 2 500 soldate in KwaZulu-Natal en Gauteng ontplooi.

Vrae bestaan egter oor waar die soldate ontplooi is, omdat daar in brandpunte geen teken is van enige weermagteenwoordigheid nie.

Intussen sal die regs-, misdaadvoorkoming en veiligheidsgroepering binnekort inligting bekend maak oor maatreëls wat ingestel is om die geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng te beëindig.

Luister na potgooie hieronder