Die Demokratiese Alliansie het hul gedistansieer van pres. Cyril Ramaphosa se opmerking dat Rusland “’n waardevolle bondgenoot en vriend” van Suid-Afrika is.

Maroela Media berig volgens die DA-leier en mister van lanbou, John Steenhuisen, beskou die DA nié Rusland, of Wladimir Poetin, as ’n bondgenoot van die nasie nie, en voeg by dat die DA, ’n sleutelvennoot in die regering van nasionale eenheid (RNE), hierdie karakterisering in geen onsekere terme verwerp.

Ramaphosa het vroeër die week aan sy Russiese eweknie in Kazan gesê Suid-Afrika gaan voort om Rusland as ʼn gewaardeerde bondgenoot en vriend “wat ons reg van die begin af ondersteun het – van die dae van ons stryd teen apartheid tot nou” te sien.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×