Die presidensie het vanmiddag bevestig dat President Wladimir Poetin van Rusland nie die Brics-beraad aanstaande maand in Suid-Afrika gaan bywoon nie. Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lawrof, sal die land verteenwoordig. Dit volg na gesprekke met al die Brics-leiers, het Mahlengi Bhengu-Motsiri, ANC woordvoerder, gesê. Netwerk 24 berig die ANC het gesê die party is bly wysheid het geseëvier. Nadat Ramaphosa Dinsdag gesê het Suid-Afrika wil nie in ‘n oorlog met Rusland betrokke raak nie, het die Kremlin vandag laat blyk dat dit nie die gevolg sou wees sou Poetin hier in hegtenis geneem word nie. Die DA-leier, John Steenhuisen, het die verwikkelinge as ‘n oorwinning vir sy party bestempel nadat die saak in die hooggeregshof gedraai het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×