Die Padongelukkefonds (POF) sê in ‘n poging om vergoeding te eis is daar ‘n nuwe neiging dat mense hulself voor bewegende voertuie ingooi.
Volgens SABC News het die fonds ’n streng waarskuwing uitgereik dat hy nie eise vir sulke voorvalle sal uitbetaal nie. Dit volg nadat hulle talle oproepe ontvang het van bestuurders wat beweer dat hulle slagoffers van hierdie neiging is.
POF voeg by dat meer en meer bestuurders oor hul veiligheid en hul aanpreeklikheid bekommerd is. In ’n verklaring sê die fonds dat hulle deur video bewyse gewerk het en dat hulle niemand wat opsetlik ’n motorongeluk veroorsaak, vergoed sal word nie, selfs al lei dit tot ernstige beserings.