‘n 66-jarige man het by Kleinbrak verdrink nadat hy en ‘n vriendin Kersoggend gaan swem en hulle deur ‘n seestroom meegesleur is. Maroela Media berig lewensredders was gister kort voor nege uur besig om hul voorbereiding vir die dag te doen toe ‘n man na die toring gehardloop het. Volgens ‘n verklaring van die NSRI het twee lewensredders die man gevolg en gesien hoe ‘n groep mense ‘n man uit die water strand toe dra. Daar is vasgestel die 66-jarige plaaslike inwoner het in die moeilikheid beland. Sy vriendin het aan NSRI beskryf sy kon met die man strand toe swem ondanks die feit dat hy leweloos in die water was. Lewensredders het kunsmatige asemhaling toegepas maar die man is op die toneel deur paramedici dood verklaar. Die polisie is besig met ‘n geregtelike doodsondersoek. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×