Die kabinet bly daartoe verbind om hul pogings te verskerp om die land te help om van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys af te kom.
Dit is volgens die waarnemende minister in die Presidensie, Maropene Ramokgopa. Suid-Afrika was verlede jaar weens, onder andere, tekortkominge in die land se anti-geldwasserystelsels op die gryslys geplaas.
Ramokgopa sê die land het aansienlike vordering gemaak om hierdie kwessies aan te spreek in vergelyking met goed ontwikkelde lande soos die Verenigde State.