Die waarnemende polisiekommissaris van Noordwes, Maj-Gen Patrick Asaneng, het onthul dat die polisie sedert Augustus 2024 meer as R33 miljoen aan ontplooiings in Stilfontein bestee het.

TimesLIVE berig hy het aan die parlement se portefeuljekomitees oor polisie en minerale hulpbronne gesê byna R24 miljoen is op meer as 940 polisiebeamptes se ontplooiing en byna R10 miljoen op oortyd gespandeer.

In ruil vir die R33 miljoen uitgawe aan polisielede se selarisse, het meer as 1 500 onwettige mynwerkers uit skagte opgeduik en 90 liggame is gevind.

Volgens SowetanLIVE is daar glo nog 300 liggame wat nie na grondoppervlak kon gebring word nie.

In totaal is meer as 1 820 verdagtes in hegtenis geneem, waarvan die meeste onwettige immigrante is.

Hulle is van onwettige mynbou, onwettige immigrasie en besit van gouddraende materiaal aangekla.

 

error: Inhoud is beskerm !!