Polisielede van Phuthaditjhaba se reaksie-eenheid, die K9-eenheid en lede van
Welkom se Openbare Orde eenheid, was Vrydag in ‘n oor-en-weer skietery met
twee rowers betrokke wat ‘n 30-jarige werknemer in SANparke se Golden
Gate-reservaat as gyselaar aangehou het. Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring,
het in ‘n verklaring gesê die twee werknemers van SANparke was besig om drade
naby die Lesotho-grens te inspekteer wat geknip was. Twee mans met balaklavas
het hulle oorval, geld en selfone geeis en met ‘n vuurwapen gedreig. Een van die
werknemers het aangebied om geld te gaan trek maar het die polisie gekontak. Toe
die polisie opdaag het die twee mans op hulle geskiet. Die polisie het een verdagte
gewond. Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en sal vandag in die
Phuthaditjhaba landdroshof verskyn op aanklagtes van ontvoering, roof en
afpersing

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×