Welkom se eenheid vir georganiseerde misdaad is op soek na ‘n groep verdagtes in
verband met rooftogte wat in Virginia en Odendaalsrus plaasgevind het.
In die eerste voorval is ‘n kontantafleweringswa op 22 Julie by ‘n hardewarewinkel in Virginia beroof
voordat verdagtes in ‘n silwer Toyota Corolla van die toneel gevlug het. Een manlike
verdagte het ‘n blou oorpakbaadjie met ‘n groen hoed gedra.
In nog ‘n voorval op 12 Augustus is nog ‘n kontantafleweringswa by ‘n vulstasie naby die taxistaanplek in
Odendaalsrus beroof voordat verdagtes in ‘n grys VW Polo van die toneel gevlug het.
Albei manlike verdagtes het blou oorpakbaadjies met hoede gedra. Enigiemand met
inligting oor een van die voorvalle word versoek om speurder Kaptein Serake Modisalife
te skakel by 071 481 2722 of Crime Stop te bel by 08600 10111.