Die polisie in die Vrystaat het ‘n vermeende perlemoen smokkelaar laat gisteraand op die N1 naby Edenburg vasgekeer. Die perlemoen wat in die bakkie gevind is, het ‘n waarde van sowat R2 miljoen. ‘n Woordvoerder van die polisie, sersant Peter Kareli, het gesê die polisie het ‘n verdagte voertuig naby Trompsburg probeer stop wat weggejaag het. Nadat die polisie die voertuig afgetrek het naby Edenburg, het die verdagte probeer vlug. Die polisie het ‘n 50-jarige man in hegtenis geneem. Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×