Die polisie in die Vrystaat is opsoek na ‘n vrou wat in ‘n video ernstig aangerand word deur ‘n man. Die video word tans op sosiale media versprei. Kaptein Loraine Earl, woordvoerder van die polisie in Bloemfontein, het gesê die provinsiale kommissaris van polisie in die Vrystaat, Luitenant Generaal Baile Motswenyane, het reeds opdrag aan speurders gegee dat die slagoffer opgespoor moet word sodat die saak ondersoek kan word. Motswenyane het gesê alhoewel die vrou nog nie na vore gekom het om ‘n klag te lê nie, word voorvalle van geweld teen vroue in ‘n baie ernstige lig beskou. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×