Die polisie in die Vrystaat gaan more 800 nuwe polisie-konstabels tydens ‘n parade in Bloemfontein aan die publiek bekendstel. Die lede, nuut vanaf SAPS-kolleges, gaan regoor die provinsie ontplooi word, het die woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, brigadier, Motantsi Makhele in ‘n verklaring gesê. Die lede sal deur die polisie se provinsiale kommissaris, Luitenant-Generaal Baile Motswenyane en ander belangrike gaste van die regering verwelkom word. Makhele het gesê Operasie Shanela sal ook tydens die geleentheid bekendgestel word. Operasie Shanela is reeds landswyd operasioneel en poog om misdaad hok te slaan. Die nuwe konstabels sal volspoed in hul taak wegspring, het Makhele gesê. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×