Die DA in die Vrystaat het gesê die polisie in Warden het hul pligte gestaak weens beurtkrag. Die stasie het glo nie brandstof om die kragopwekker aan die gang te hou nie. Veertien persent van polisiestasies in die provinsie se kragopwekkers werk na bewering nie. Die party het gesê inwoners van die gebied op die N3 en die naburige boeregemeenskap word nou kwesbaar vir misdaad gelaat. Die DA se George Michalakis het gesê ‘n DA-geleide regering sal die polisiebegroting prioritiseer sodat die gemeenskap beskerm kan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×