Die polisie het gistermiddag op ‘n 200 blokke kokaïen ter waarde van sowat R70 miljoen in die Durbanse hawe beslag gelê. Die kokaïen was in 20-liter verfblikke versteek en was afkomstig van Brasilie. Die polisie en die Valke het volgens Netwerk 24 die skip waarop die dwelms was, die afgelope maand dopgehou en dit deursoek toe dit in die hawe vasgemeer het. Die operasie is deel van die polisie se veldtog vir ‘n veiliger feestyd, het genl Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris gesê.
