Polisie in die Vrystaat het beslag gelê op 16 swart sakke vol perlemoen wat na bewering in ‘n voertuig vanuit die Oos-Kaap vervoer is. Lede van die Gariep Distrik Operasionale bevelsentrum het voertuie gestop wat op die N6 deur Reddersburg gery het. Die polisie het in een van die voertuie met ‘n Oos-Kaap registrasienommer meer as 700 perlemoen gekry. Die bestuurder was glo oppad van Gqeberha na Bloemfontein. Polisiewoordvoerder, Martin Xaba, sê een verdagte is gearresteer en sal in die landdroshof op Reddersburg verskyn op ‘n klag vir die onwettige besit van perlemoen. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×