Die polisie het Saterdag ‘n groot deurbraak gemaak teen roofbendes wat ysterpen- of spyker-valstrikke op paaie in en om Pretoria stel en motoriste dan oorval en beroof. In talle gevalle is motoriste die afgelope paar maande vermoor en vrouens is verkrag.

Polisiewoordvoerder, brig Brenda Muridili, sê elf mense wat met hierdie soort misdaad verbind word, is Saterdag by ‘n onwettige sjebeen in Winterveld in Gauteng in hegtenis geneem. Volgens haar het een van die verdagtes met ‘n vuurwapen op die polisie afgestorm waarna die polisie hom geskiet het. Die man is op die toneel dood verklaar.

Muridili het aan Netwerk 24 gesê die verdagtes word verbind met aanvalle op die N1 en N4-hoofweg asook die R80-pad in Pretoria. Die verdagtes sal vandag in die hof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×