Die polisie is gereed vir enige misdaad-verwante aksies en onluste indien oud-president Jacob Zuma moontlik moet terugkeer tronk toe. Die besluit sal vandag deur die DKD geneem word. Zuma het twee van sy vyftien maande tronkstraf in Julie 2021 begin uitdien voordat hy mediese parool gekry het. Die nasionale polisiewoordvoerder, brigadier Athlenda Mathe, het dit aan Netwerk24 bevestig die polisie is op ‘n gereedheid-grondslag. Die gerugte dat die weermag van KwaZulu-Natal ontplooi gaan word, asook ander brandpunte in die land is intussen deur die weermag ontken. Mzwanele Manyi, woordvoerder van die Jacob G. Zuma-stigting, het verlede week gesê daar is geen manier dat Zuma sal teruggaan tronk toe nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×