’n Belangrike R50 miljoen deurbraak in die stryd teen dwelmhandel is gemaak tydens ’n gesamentlike operasie tussen die polisie in die Vrystaat, Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap.
Volgens ’n polisieverklaring is gekristalliseerde metamfetamien ter waarde van R50 miljoen binne 24 uur gekonfiskeer.
Die Gautengse eienaar en bestuurder van die vragmotor is Dinsdag in hegtenis geneem en sal in die Aliwal-Noord-landdroshof verskyn.
’n Polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, sê beamptes het die verdagte se vragmotor op ’n brug tussen Smithfield en Aliwal-Noord onderskep.
LUISTER HIER: