Die polisie neem ses verdagtes in hegtenis vir die besit van goudhoudende materiaal, toerusting en onwettige immigrasie.

Beamptes het die gebied rondom die Beatrix-mynskag gepatrolleer en ses verdagtes gevind wat besig was met onwettige mynaktiwiteite.

Daar is beslag gelê op twee phendukas (onwettige mynbou toerusting) en meer as 24 kilogram goudhoudende materiaal.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×