ʼn Tienerseun is op Nuwejaarsdag in hegtenis geneem ná ʼn man met ʼn steekwond in sy nek in ʼn voertuig dood aangetref is.

Sersant Mahlomola Kareli het bevestig die polisie is na ʼn moordklag naby ʼn kroeg in Puding Tse Rolo naby Philippolis in die Vrystaat ontbied.

Nuusflits berig by aankoms het die polisie ʼn grys VW Polo gevind met die gestorwe slagoffer binne-in.

Voorlopige ondersoeke toon ʼn argument tussen die slagoffer en die tiener het tot die steekvoorval gelei.

Die verdagte het gevlug, maar is later by sy huis in hegtenis geneem en sal binnekort op aanklag van moord in die hof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×