ʼn KwaZulu-Natalse man, Sibusiso Lawrence, wat op sosiale media erken het dat hy sy vriendin, vermoor het, is hangend aan ʼn boom gevind.
News24 berig hy is gevind naby die plek waar hy vermoedelik sy vriendin, Ntobeko Cele, doodgesteek het.
Lawrence, wat glo ‘n laerskoolonderwyser in Stanger was, het beeldmateriaal van die voorval op Facebook gedeel.
Hy het sy vriendin verder daarvan beskuldig dat sy hom verlaat het ná haar padongelukkefonds-uitbetaling.
Hy glo dit is iets waarmee hy gehelp het om te kry.
Cele se liggaam is Dinsdag op 17 Desember met veelvuldige steekwonde, in ʼn grondpad in die Malangeni-gebied gevind.
Lawrence se sterfte is ‘n dag later op 18 Desember 2024 bevestig. Die polisie ondersoek ʼn moordsaak en ʼn geregtelike doodsondersoek.