Die polisie in Bultfontein ondersoek ’n moordsaak nadat die halfnaakte liggaam van ’n 86-jarige vrou met veelvuldige steekwonde in Phahameng, Bultfontein, gevind is.

Die polisie is Saterdag na die moordtoneel ontbied. Volgens ‘n polisieverslag het hulle met aankoms op die toneel die vrou in ’n plas bloed in die buite-toilet aangetref.

Sy is verskeie kere in die rug en nek gesteek.

Die motief vir die moord is tans onbekend.

Terwyl die polisie-ondersoek voortduur, versoek hulle die publiek om enige inligting te verskaf wat tot die inhegtenisname van die verdagte(s) kan lei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×