Polisie ondersoek ongeluk wat 19-jarige motofietsryer se lewe eis

 Polisie ondersoek ongeluk wat 19-jarige motofietsryer se lewe eis

Die Bloemfontein polisie ondersoek ‘n klag van strafbare manslag nadat Christiaan van der Berg die naweek na ‘n motorfietsongeluk oorlede is.

Volgens Netwerk24 het die ongeluk Saterdag plaasgevind toe ‘n wit BMW en die 19-jarige Van Der Berg gebots het.

Luidens berigte het die BMW uit Nelson Mandela-rylaan in D.F. Malherbe-weg ingedraai wat die botsing veroorsaak het.

Van Der Berg is kort na sy aankoms by Mediclinic Bloemfontein oorlede.

Sy vriendin Tessa Watson sê Van Der Berg het ‘n vriend ‘n saamrygeleendheid gegee en die ongeluk het gebeur to hy op pad terug was huis toe.

Watson en Van Der Berg is die afgelope 3-jaar ‘n paartjie en hy het saam met haar en haar ma in Noordhoek gewoon.

LeandreAdmin@