Dr. Lauren Dickason het reeds twee maande voor haar drie dogtertjies vermoor is, verskeie soektogte op die internet gedoen hoe om kinders ‘n oordosis medikasie in te gee. Dickason staan in Nieu-Seeland tereg  op ‘n aanklag van moord op haar drie dogtertjies, die ses-jarige Liané en die tweejarige tweeling, Maya en Karla. Sy het erken sy het hulle versmoor maar ontken skuld op moord. Die NZ Herald berig sy het ondermeer op die internet gesoek na die mees effektiewe dodelike oordosis vir kinders en soort die medikasie om toe te dien. Die soektogte is uitgevee maar die polisie kon dit herwin. Newshub berig die verdediging het ‘n ander kant van Lauren gewys waar sy in teksboodskappe liefdevol na haar kinders verwys het. Die boodskappe wys ook die stryd wat sy met depressie gevoer het en gesê het sy probeer net deur die dag kom sonder om kop te verloor. Die staat beweer alhoewel sy aan depressie gely het, sy ten volle bewus was van wat sy gedoen het toe sy die kinders se lewe geneem het. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×