“Ons is hier.” So sê polisie in die stad, soos nuwe stemnotas die rondte in Bloemfontein doen dat die Manganung Metro se burgemeester aan die SAPS opdrag gegee het om uit die Lourierpark omgewing the beweeg.

Die polisie se Lt col. Thabo Covane het aan Rosestad-nuus gesê die burgemeester – Gregory Nthatisi – kan nie vir hulle sê dat hulle moet onttrek nie, en bewerings dat hy dit gedoen het is onwaar. Covane sê verder die situasie is steeds baie gespanne, waar massiewe grondgrypingsaksie langs die Jagersfonteinpad aan die suidekant van Bloemfontein vir die vierde dag aangaan.

Hy sê solank soos wat daar die moontlikheid van gevaar is, sal die Openbare Orde Polisie op hul pos wees. Soos vroeër berig is woonerwe op ‘n reuse stuk munisipale eiendom uitgelê, en derduisende mense stroom sedert Saterdag hierheen om ‘n erf te bekom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×