Die Oos-Kaapse polisie het ‘n soektog na ‘n vragmotorbestuurder van stapel gestuur ná ‘n dodelike ongeluk Saterdag op die N2 tussen Mthatha en Mtentu.

Sewe mense is dood en nege ernstig besering in ‘n trompop botsing tussen ‘n vragmotor en twee Toyota Quantum-minibusse. Die minibusse was vanaf Oos-Londen na Libode onderweg, terwyl die vragmotor in die rigting van Oos-Londen gery het toe die voertuie in digte mis gebots het.

Die Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid se woordvoerder, Makhaya Komisa, sê die vragmotorbestuurder het ná die ongeluk van die toneel af weggehardloop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×