Die vermeende pedofiel Gerhard Ackerman wat tereg staan op 730 aanklagte, insluitend poging tot moord, die verspreiding van kinderpornografie, verkragting en handel in kinders vir seksuele uitbuiting word deur die polisie gesoek na sy oënskynlike verdwyning. ‘n Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van Ackerman wat Donderdag versuim het om in die hooggeregshof in Johannesburg te verskyn, na bewering weens siekte. Hy is saam met senior advokaat en waarnemende regter, Paul Kennedy, aangekla, maar Kennedy het intussen sy eie lewe geneem. Ackerman het vermoedelik van sy vorige adres vedwyn nadat hy al sy bates verkoop het. Ackerman het na berigte ná sy eerste verskyning opnuut oortree, maar is desondanks wéér op borgtog vrygelaat.
