Lede van die polisie, VR-Sekuriteit en lede van Afriforum se buurtwag het vanoggend buite die stad naby Makro ses verdagtes vasgetrek wat verbind word met koperkabel-diefstal in Kimberley. Christo Groenewald, streekskoordineerder van Afriforum in Bloemfontein het gesê inligting is ontvang dat die voertuig in die rigting van Bloemfontein beweeg. Groenewald het gesê die polisie se misdaad-voorkomingseenheid, Blitspatrollie, Transnet Sekuriteit en Afriforum buurtwag-lede asook VR-Sekuriteit, het die voertuig naby Makro ingewag en afgetrek. Die samewerking van al die rolspelers was blitsvinnig, het Groenewald gesê. Die verdagtes is in hegtenis geneem maar sal oorgeplaas word na die polisie in Kimberley vir verdere ondersoek. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×