Drie verdagtes is vroeg vanoggend noodlottig gewond in ‘n oor-en-weer-skietery met die polisie in KwaZulu-Natal.

Maroela Media berig, by monde van brigadier Jay Naicker, het die polisie inligting oor ‘n groep verdagtes ontvang wat na bewering by verskeie moorde in die Inanda-omgewing betrokke is.

Lede van die polisie, en van die Valke, het ‘n huis omsingel waar die vermeende misdadigers na bewering geskuil het. Die verdagtes het op die wetstoepassers losgebrand en drie verdagtes is deur die polisie doodgeskiet. Die vermoede bestaan dat nog ander verdagtes op die vlug geslaan het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×