Die polisie in die Vrystaat het een verdagte doodgeskiet tydens ‘n oor-en-weer skietery kort nadat rowers ‘n kitsbank in Tumahole by Parys opgeblaas het. Polisiewoordvoerder, Peter Kareli sê twaalf swaar gewapende mans was op die toneel omstreeks 02:00 Maandagoggend toe die polisie daar aangekom het.
By hul aankoms het die rowers op die polisie losgebrand, die geld gevat en te voet van die toneel gevlug. ‘n 28-jarige verdagte is noodlottig gewond. ‘n Man wat in die omgewing was, is tydens die skietery gewond. Kareli sê die polisie is besig met ‘n verskerpte soektog om die verdagtes op te spoor.