Die polisie se teen-bende eenheid in Welkom het drie dwelmhandelaars in Thabong in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, Kapt Stephen Thakeng, sê die eenheid was besig met misdaad-voorkoming aksies in Thabong en het twee verdagte persone deursoek.

Die polisie het op 23 CAT dwelms en kontant beslag gelê. ‘n 23-jarige man is in hegtenis geneem. Dit het die polisie gelei na ‘n huis in Thabong waar ‘n 36-jarige man in besit van Mandrax-tablette en sakkies tik vasgetrek is. ‘n Derde verdagte is in ‘n huis in Molai straat in Thabong in hegtenis geneem vir die besit van Mandrax tablette. Thakeng sê die verdagtes sal Maandag in die Welkom landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×