Die polisie en metro-amptenare het Vrydagoggend op plakkers in Bloemfontein toegeslaan. Luidens Netwerk24 het chaos uitgebreek by die Mangaung-metro se vervalle minigholfbaan, waar plakkers die perseel die afgelope tyd oorgeneem het. Tientalle plakkers het die minigholfbaan, wat al lank in onbruik is, oorkant die Parkweg-polisiekantoor beset. Dit blyk die polisie het 15 onwettige plakkers aangekeer en ook op dagga beslag gelê. Hulle is daarna na die polisiekantoor geneem om vas te stel of enige van hulle vorige oortredings het. Die metro het die plakkers se huisraad en besittings met vullisvragmotors weggery.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×