Die polisie in Virginia is opsoek na ‘n verdagte nadat die liggaam van ‘n dogtertjie wat by haar huis op oujaarsdag ontvoer is, se liggaam ‘n dag later in die rivier langs die Virginia Korrektiewe Dienste gekry is. Die woordvoerder van die polisie, kapt Stephen Thakeng, het gesê die vyf-jarige dogtertjie is by haar ouerhuis ontvoer en die verdagte het met haar weggehardloop. Die polisie het intussen ‘n identiteitstel van ‘n man opgestel wat die polisie met die ondersoek kan help. Thakeng het gesê volgens die nadoodse ondersoek is die dogtertjie verkrag en toe vermoor. Sy het ook beserings aan haar kop gehad. Die polisie het ‘n saak van ontvoering, verkragting en moord geregistreer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×