Suid-Afrika se reuse misdaadvlakke word meestal toegeskryf aan maatskaplike-ekonomiese toestande maar die polisie het steeds ‘n groot rol te speel in die bekamping van misdaad. Die polisie minister, Bheki Cele het gister in die parlement gesê geen senior nasionale of provinsiale amptenaar staar tugstappe in die gesig weens die misdaadvlakke wat aanhou styg nie. Kenner meen volgens Netwerk 24 dat die polisie ‘n nasionale strategie het, maar sloer om dit in werking te stel. Ian Cameron van Action Society het gesê die polisie is die eerste punt van kontak nadat ‘n misdaad gepleeg word en hoe dit hanteer word. Hulle moet aanspreeklik gehou word vir korrupsie, swak ondersoekwerk, swak bestuur en swak misdaad-intelligensie wat help met die voorkoming van misdaad. Dr Johan Burger, ‘n polisiekenner aan die Universiteit Stellenbosch, het gesê die polisie het al sy geintegreerde misdaad-en geweldvoorkomingstrategie, of GMGS, twee jaar gelede aanvaar maar die hele regering sal ‘n benadering teen misdaad moet volg. Die strategie moes al lankal in werking wees het, het hy gesê. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×