‘n Dwelmhandelaar is gister in Bronville buite Welkom vasgetrek nadat die polisie se K9-eenheid inligting ontvang het van dwelmsmokkelary in die gebied. Die verdagte se huis in Golding Straat is gister deursoek en die polisie het beslag gelê op 601 Mandrax tablette ter waarde van R48 000. Die polisie se woordvoerder, kaptein Stephen Thakeng, het gesê ‘n 32-jarige man is in hegtenis geneem en sal more in die Welkomse landdroshof verskyn. Die polisie het ook op kontant beslag gelê. Die waarnemende kommissaris van Lejweleputswa, Brigadier Envor Solomon, het die gemeenskap geprys deur die sensitiewe inligting met die polisie te deel.