Die polisie in die deelstaat Florida in Amerika glo hulle het ‘n reeksmoordenaar vasgetrek nadat hy glo reeds twee sekswerkers binne ‘n maand vermoor het.

Fox News berig die 24-jarige Carlos Baez Nieves, is vir die bestuur van ‘n voertuig sonder ‘n lisensie in hegtenis geneem. Baez-Nieves het aan ondersoekers gebieg dat hy die mees kwesbare vroue wat hy kon kry, geteiken het en was oortuig hulle sal nie gemis word nie. Die sheriff van Orange County, John Mina, sê die twee vrouens is verwurg en langs die pad gegooi asof hulle rommel is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×