‘n 20-jarige buitelandse burger is vroeg Sondagoggend deur die polisie in Batho vasgetrek nadat vier mans, waarvan twee gewapen, ‘n vulstasie in Tona Straat binnegestorm het. Die vier verdagtes het die werkers in die winkel by die vulstasie op die grond laat lê en die petrol-joggie met ‘n vuurwapen oor die kop geslaan. Die mans het die kasregister met kontant leeggemaak en ‘n slagoffer in die winkel van haar selfoon, ID-kaart, kontant en ander besittings beroof. Die woordvoerder van die polisie in Bloemfontein, Lt Kol. Thabo Covane, het gesê die polisie het met die samewerking van sekuriteitsbeamptes die verdagtes agtervolg. Die 20-jarige is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op van die gesteelde goedere. Die verdagte sal eersdaags in die hof verskyn. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×