Met die jongste misdaadstatistieke wat ‘n 2,1% jaar-tot-jaar toename van moorde in Suid-Afrika wys, vra Sapu die regering om dringend meer geld vir gemeenskapspolisiëringsforums beskikbaar te stel.

Die polisievakbond sê hiermee sal hulpbronne uitgebrei kan word in die voortdurende stryd om misdaad te voorkom.

Sapu meld daar is ‘n behoefte en ‘n bereidwilligheid in polisiegeledere om met alle belangegroepe saam te werk ten einde misdaad te bekamp.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×