Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fanie Masemola, lei vandag ‘n dwelmvernietigingsproses ter waarde van 550 miljoen rand. Newzroom Africa berig die polisie het tydens verskeie operasies in ses provinsies op verskillende soorte dwelms beslag gelê.
Van die dwelms sluit kokaïen ter waarde van 365 miljoen rand in, waarop die afgelope vier maande in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap beslag gelê is. Van die vier besendings wat onderskep is, was drie daarvan kokaien wat in die Durbanse hawe versteek is en vanuit Brasilië afkomstig was. Die dwelms sal op ’n onbekende plek getoets en vernietig word. Masemola het gesê die polisie wil seker maak Suid-Afrika word ‘n dwelm-vrye land en is op die punt om ‘n deurbraak te maak. Sowat R90 miljoen se dwelms is verlede week in Kaapstad vernietig.