Die nasionale polisie kommissaris, generaal Fannie Masemola, het die maksimum mobilisering van hulpbronne langs Gautengse hoofweë en ander strategiese liggings tydens spitstyd verkeer beveel.

Dit volg nadat talle motoriste gisteroggend op die M1 snelweg in Johannesburg deur vyf mans met 9mm-pistole beroof is. Daar word vermoed dat die rowers onwettige myners in die omgewing is. ‘n Video en stemnota is op verskeie platforms versprei wat wys hoe die mans rustig van motor na motor stap. Veral vroue is tydens die rooftog geteiken. Die polisie en die metropolisie het intussen hulle teenwoordigheid in die omgewing verskerp.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×