Die polisie het ‘n versoek tot die publiek gerig om die Paasnaweek baie versigtig te wees wanneer hulle geld by ‘n outomatiese tellermasjien trek. Mense is geneig om die tyd van die jaar meer geld te spandeer en kriminele sal voordeel daaruit wil trek.
SABC News berig die polisie se nasionale woordvoerder, brigadier Athlenda Mathe, het mense gewaarsku om nie hulp by ‘n OTM te aanvaar nie, dat ‘n pinkode nooit sigbaar vir vreemdelinge moet wees nie en om ‘n bankkaart dadelik te kanselleer wanneer die masjien dit sluk. Mathe het gesê kriminele werk in spanne. Een sal ‘n persoon se aandag by die OTM aftrek terwyl ‘n ander krimineel geld of ‘n bankkaart sal steel.