Die polisie wag steeds vir DNS-uitslae om die moontlike identiteite van ‘n joernalis en sy lewensmaat, wie se liggame in Limpopo ontdek is, te bevestig.
Een van vyf verdagtes, wat in verband met die slagoffers se verdwyning in hegtenis geneem is, het die polisie na Rust De Winter gelei en oorskot uitgewys wat volgens hom dié van die paartjie is.
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê owerhede wag vir DNS-uitslae om hierdie inligting te bevestig.
Die Pretoriase joernalis Aserie Ndlovu en sy lewensmaat Zodwa Mdhluli het in Februarie vermis geraak.
Twee van die verdagtes sal Maandag na die hof terugkeer.