Polisiebeamptes en weermaglede is buite die Estcourt Landdroshof ontplooi met die verskyning van Carl Niehaus

Polisiebeamptes en weermaglede is buite die Estcourt Landdroshof in KwaZulu-Natal ontplooi met die verskyning van die geskorste uMkhonto we Sizwe Militêre Veteraanvereniging woordvoerder, Carl Niehaus.

Niehaus, ‘n ondersteuner van oudpresident Jacob Zuma, is verlede maand buite die hof in hegtenis geneem vir die oortreding van inperkingsregulasies.

Die oortreding het plaasgevind toe Zuma pas begin het om sy 15 maande tronkstraf vir minagting van die hof uit te dien.

Niehaus is tydens ‘n regstreekse onderhoud met die SAUK in hegtenis geneem.

Niehaus het intussen aangedui dat hy onskuldig sal pleit.

Luister na potgooie hieronder