Volgens Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering, lê daar nog baie uitdagings vir vroue in Suid-Afrika voor.

Geslagsgebaseerde geweld vier steeds hoogty.

Die mees onlangse misdaadstatistieke van die Suid-Afrikaanse Polisiediens toon ‘n toename in die aantal vroue en kinders wat vermoor is.

Mapisa- Nqakula het gesê spesiale wetgewing, om geslagsgebaseerde geweld te help bekamp, dui daarop dat die regering die probleem ernstig opneem.

Die regte en waardigheid van alle vroue moet beskerm word.

Lede van die polisiediens moet ook volgens haar opgelei word om slagoffers van geslagsgebaseerde geweld behoorlik te kan bystaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×