Polisieduikers in die Vrystaat het die liggaam gevind van die sewejarige Karabo Kok

Polisieduikers in die Vrystaat het die liggaam gevind van die sewejarige Karabo Kok in ‘n spruit by Steynsrus ná ‘n tragedie die naweek waarin agt mense verdrink het.

‘n voertuig met sewe kinders en volwassenes is op ‘n laagwaterbrug op ‘n plaas deur die vloedwater meegesleur.

Twee volwassenes kon betyds uit die voertuig kom, maar die 26-jarige bestuurder het verdrink toe hy die kinders probeer red het.

Luister na potgooie hieronder