Die Valke in die Vrystaat ondersoek ‘n moordsaak nadat ‘n polisiekonstabel in Bultfontein met ‘n skerp voorwerp doodgesteek is.
SABC-nuus berig die slagoffer en sy span het gereageer op ‘n klagte oor ‘n bakleiery in Bultfontein. Hy is glo die gesig gesteek en is op die toneel dood verklaar. Drie verdagtes wat in ‘n huis weggekruip het en dit daarna aan die brand gesteek het, is deur ‘n lede van ‘n polisieversterkingspan doodgeskiet.
Die Valke se woordvoerder, Zweli Mohobeleli, sê die dood van die drie verdagtes kan moontlik na die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat verwys word.
1 Comment
Comments are closed.