Die adjunkpresident, Paul Mashatile, die minister van Polisie, Senzo Mchunu, en die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sal vandag die herdenking van polisielede wat aan diens dood is, by die Uniegebou in Pretoria bywoon. Nege-en-dertig lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, is tussen April verlede jaar en Maart vanjaar dood terwyl hulle aan diens was. Nege-en-twintig van die slagoffers is doodgeskiet, vyf is in padongelukke dood, en twee is noodlottig gewond toe hulle met voorwerpe aangerand is. Die geleentheid sal ook deur die families van die slagoffers bygewoon word.
