Die agt polisielede van die baie-belangrike-persone se beskermingseenheid wat met die aanranding van drie motoriste op die N1-snelweg verbind word, is na aanloop van ʼn interne dissiplinêre proses vrygeskeld.

Dié inligting is, volgens Maroela Media, ingevolge ʼn dringende aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting aan die drukgroep Action Society bekend gemaak.

Luidens dié inligting is die proses wat byna twee jaar lank gesloer het, verlede maand afgehandel. Die polisie kon die uitslag van die dissiplinêre proses nie dadelik aan Maroela Media bevestig nie.

Woordvoerder van Action Society, Juanita du Preez, sê dié “skokkende uitkoms” is ʼn growwe regsdwaling en verdoemende weerspieëling van die sistemiese mislukkings in die polisie se interne verantwoordbaarheidsprosesse.

error: Inhoud is beskerm !!