In die Oos-Kaap is ‘n polisieman in die Queenstown streek gearresteer vir beweerde diefstal van vier bokke.

Netwerk 24 berig dat hy glo die bokke in sy staatsvoertyg vervoer het.  Die bokke se beraamde waarde is R11 000. Die beweerde polisie-veedief het ook blykbaar ‘n ooggetuie omgekoop om stil te bly.  

Die saak is uit gestel tot 17 Oktober.

Die Oos-Kaapse polisiekommisaris het die gemeenskapslede bedank wat vorentoe gekom het en die publiek verseker dat die polisie alle kurrupsie sal uitroei.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×